Naas Botha was die week twee keer in die nuus. Eers het n prosituut se 27
jarige seun, Morne Redmond beweer Naas is sy pa. Naas en die man se ma
ontken dat hul ooit n verhouding gehad het maar na die tweede keer se
navraag het sy wel erken dat sy en Naas een keer saam geslaap het. Die ma
se vriendinne het egter almal bevestig dat sy Morne van geboorte af al
vertel het dat Naas sy pa is en hulle het ook daarvan geweet. Naas het dit
afgemaak as “far fetched” veral toe hy hoor dit is n bruin vrou. Morne
het DNS toetse aangevra.
Intussen is die saak tussen Naas en sy vervreemde seun in die onderhoudshof
in Pretoria tot volgende jaar uitgestel. Francois Jooste wat 21 is, eis
onderhoud vir sy klasgeld en lewenskoste. Naas het aan die seun onderhoud
betaal tot hy 18 geword het. Francios en sy ma het na die VSA verhuis maar
is nou terug in SA en hy studier rekenaarsingenieurswese. Volgens Francios
is sy ma medies ongeskik en bestee haar pensioen om hom deur universiteit
te kry op die oomblik.
—————–
Amor Vittone het n eis van R1 mil ingestel teen Yolanda Barnard, Griffel
Media, die koerant Sondag en die verspreider Exclusive Books.. Dit gaan oor
Yolanda in haar boek, Die Ponies Galop, verwys het na Amor as “die vrou
poep soos n perd as sy senuweeagtig is”. Amor voel uiters beledig deur
die opmerking wat ook in die Sondag koerant gepubliseer is. Dit laat my so
dink aan een van Leon Schuster se flieks. Die skydsregter vertel vir die
speler, boeta jy kan nie pale toe skop vir n poep nie. Wel Amor, volgens my
gaan mens ook nie hof toe oor n poep nie! Veral nie as jy self dit op n
vorige geleentheid op tv gese het nie.
Ook Urma Mollema, die direkteur van Mev Suid Afrika het n R250 000 eis teen
al die partye behalwe die Sondag koerant ook ingesit. Haar maatskappy het
ook n R250 000 eis ingestel. Urma verlang n publieke verskoning omdat
Yolanda in haar boek na haar verwys as: “Haar oë is piepklein. Sit ook
heeltemal te naby aan mekaar. My ouma het altyd gesê: ‘As ’n mens se
oë naby aan mekaar sit moet jy hom of haar nie vertrou nie..” Volgens
Mollema impliseer dit dat sy fisiek onaantreklik, onbetroubaar en oneerlik
is.
Yolanda het gesê sy sal in vandag se Sondag koerant daarop kommentaar
lewer.
Intussen het Steve Hofmeyr ook op sy blog laat weet dat hy ook Yolanda
dagvaar. Ek weet nie hoe ver hy gaan kom nie, aangesien hy in dieselfde
blog na haar verwys as – kom ons sê maar n vroulike hond…. Dis behalwe
al die ander goed wat hy van haar kwyt raak.
—————–
Emo Adams se voormalige bestuurder Mia Breet het n saak teen hom aanhandig
gemaak. Sy vra dat Emo belet word om vir eie gewin op te tree totdat hy sy
lidmaatskap aan hul gesamentlike beslote korporasie, D’Six Entertainment,
beëindig.
Breet en Adams het die korporasie in 2006 gestig en Breet het as onder meer
Adams se bestuurder, bemarker en agent opgetree.D’Six was daarop
toegespits om Emo as solokunstenaar te vestig. Sy het optredes en die
vervaardiging van CD’s, DVD’s en die program Jou Show met Emo vir
kykNET behartig.
Hul verhouding het begin versier volgens Mia omdat Emo nie meer energie
ingesit het in die korporasie nie en wou ook nie sy samewerking gee met die
pligte van die Jou Show met Emo nie. As gevolg van dit is episodes 13 tot
26 van die program gekanseleer. Emo het op 22 Junie bedank uit D’Six maar
nie sy lidmaatskap beeindig nie. Daar is ook onder andere n eis teen hom
ingedien oor geld wat hy die korporasie skuld. Emo het terug gekap met n
mediaverklaring wat lui: Emo Adams gee die feite. Volgens hom teken D’Six
nogsteeds kontrakte vir optredes sonder sy toestemming. En skuld hulle hom
geld.
——————
Jurie Els sal waarskynlik toegang tot Robbie Klay se dagboeke kan kry vir
Els se strafsaak, wat Maandag in die hooggeregshof in Pretoria begin.
Waarnemende regter Willie van Zyl het gesê hy sien geen rede waarom die
Els nie Klay se boeke kan sien nie, op voorwaarde dat dit onder die staat
se toesig geskied.
Jurie het gevra dat polisie-aantekeninge oor onderhoude met Robbie, die
polisie se ondersoekdagboek en toegang tot die rekenaar waarop dokumente
geskep is om te sien of dit inderdaad die oorspronklike dokumente is, aan
hom verskaf word.
Sy prokureur het gesê Jurie het die reg “om beter te weet wat die staat
se saak is”, aangesien Robbie se storie nie spesifiek is nie en kort kort
verander.
Jurie se vrou, Hestrie het intussen vrede gemaak met haar ouers na 3 jaar
se kwaaivriendskap.
——–
Charlize Theron is in die moeilikheid. Sy het by n veiling vir die
noodlenigingsorganisasie ONEXONE n paar goed opgeveil. Onder andere n
oopmond soen en n ontmoeting met Nelson Mandela. n Vrou het dit gewen met n
bie van net oor die R1 mil en die twee het oopmond voor die hele gehoor
gesoen. Nou lyk dit op dit alles verniet was, want Mandela het nie
toestemming gegee dat so iets opgebie word nie. Hy weet nie daarvan dat n
besoek aan hom deel van die pakket was nie. Charlize het intussen erken dat
sy nie toestemming gekry het nie.
—————
Drie Oos-Kaapse kunstenaars het ‘n groot eer te beurt geval. Hulle musiek
is opgeneem op een van die baanbrekeralbums wat pas vrygestel is.
Die bekende Stef Kruger het n dubbelalbum vrygestel met die naam DIGTERS
AKKOORDE. Op hierdie album sing al die groot name in Suid-Afrika liedjies
van Stef Kruger. Kunstenaars wat daarop sing is onder andere Dozi, Amanda
Strydom, Blackie Swart, Mathys Roets, Bobby van Jaarsveld, Nadine, Anton
Goosen, Coenie de Villiers, Elizma Theron, Jannie Moolman, Fredi Nest en
Lucas Maree.
Drie Oos-Kaapse kunstenaars Carina Renz, ELSaBé Rademeyer en Siklus! het
die eer te beurt geval dat daar ook Stef Krugerliedjies deur hulle op
hierdie album ingesluit is. Carina sing die liedjie KUIERGAS, ELSaBé sing
SOMER en Siklus! sing PUNT. Die album al vanaf 11 November beskikbaar
Ek het te veel nuus die week. So ek sluit af met Joost. Hy het uiteindelik
erken dat dit hy was in die berigte video. Hy se dit het te vinnig op hom
afgekom en hy was bang hy verloor sy kinders en vrou. Nou het hy egter in
sy boek erken dat dit wel hy is. Kan iemand “goeie reklame” gil vir my
asb. Want nou gaan almal uithardloop en die boek “Joost –
spieelbeeld” koop. Hy het seker die geld nodig, want hy is amptelik sy
werk by Supersport kwyt nou.
Verjaarsdae vir die week.
1ste – Anrich Herbst, Melanie du Bois, Gary Player, Marius Erasmus
3de – Christi Panagio, Tobie Cronjé
4de – Sashi Naidoo
6de – George Meiring
KOLLIG EKSTRA
Irene van Wyk se as is die week oor die Natalse oseaan gestrooi. Louis van
Wyk en hul twee kinders Irene Louise en Vaughn is na Margate om vir oulaas
afskeid te neem van hul ma. Louis het aan vriende n sms gestuur dat hul nou
die as gaan strooi en almal het n minuut se stilte vir haar gehou. n
Huldeblyk aan Irene sal hierdie week op die rakke beskikbaar wees. Onder
andere n lied wat sy 3 dae voor haar dood opgeneem het.
SA se eie Madonna is wat Sunette Bridges genoem word na haar nuwe cd, Let
the Music Play, se bekendstelling verlede week by Emperors Palace. Dit het
behoorlik soos n Las Vegas produksie gelyk vertel die wat daar was. Daar
was dansers in waaghalsige pakkies en Sunette het n nommertjie aan gehad
wat die mans se monde laat oop hang het. Dit het baie laat dink aan Madonne
se bekende wit bra pakkie wat sy op die verhoog verskyn het n paar jaar
gelede. Maar volgens die wat weet, het Sunette nog beter gelyk en haar
pakkie was silwer.