Sangers in die musiekbedryf
18 Oct 2010 2 Kommentaar
Dis mos Skouspel tyd en daar was baie gepraat oor daar hierdie jaar n klomp “nuwe” sangers was. Wel vir my is hulle nie nuut nie, en ek kan nie dink dat mense nou n bohaai het oor hul ‘die goeie’ kunstenaars wil sien nie. Hoe gaan die mense ooit n kans kry om te wys wat in hul steek as ‘net die goeie kunstenaars’ mag optree???
Mense soos Cheree, Wynand Strydom, Flip a Coin en dies meer is nie ‘nuwe’ kunstenaars nie. En hulle sing goed, hoekom moet ons elke jaar dieselfde kunstenaars OOR EN OOR sien? Gee die nuwe ouens kans!
Ek dink die musiekmark kan ook net soveel na dieselfde kunstenaars luister voor hul moeg raak vir dit. Ek is GEK oor Chris Chameleon, maar dit beteken nie dat ek NET na Chris luister nie. Ek geniet die ander kunstenaars net soveel en as ek n hele dag by die huis is en musiek luister, sal ek eerste Chris se cd’s luister, maar soms het ek ook lus vir iets anders. En as ek nie na n nuwe cd luister nie, hoe gaan ek weet of ek van hom hou?
So op daai mond vol – wie is jou gunsteling “nuwe” kunstenaar? Al is hul ook nou al 10 jaar in die bedryf en werk hul alies af om verby die Rokkie Sokkie Bokkie brigade te kom.
Oct 18, 2010 @ 11:17:32
Adam Tas!
Oct 19, 2010 @ 06:08:09
Jy het nogals ‘n punt beet. maar daar moet balans wees. Hulle kan so ‘n paar “nuwes” ‘n kans gee – maar dit moet darem persone wees wat gehalte musiek maak. Want die skouspel is veronderstel om gehalte te wees, en as daar te veel nuwes is wat regtig nog nie die paal gehaal het nie, gaan dit mos afbreuk doen aan die skouspel. Ek hou ook van verskeidenheid….