2010 – Die jaar wat was

Die jaar wat was….

Die jaar was n rowwe jaar vir meeste verhoudings in die bedryf. So laat ons sommer begin by die breakups and make ups.

Nuwe paartjies is:
Lee-Ann Liebenberg en Nicky van der Walt het nie net n baby gekry nie, maar hulle is ook verloof en trou binne kort.

Lee-Ann se eks verloofde, Danny K en sy Lisa Gundelfinger lyk of hulle ook binne kort die knoop gaan deur haak, so 2011 gaan n jaar van troues wees.

Schalk Burger en Michele de Munck het ook verloof geraak, na 6 jaar saam.

Jacques Terre’blanche en sy Charne Slee beplan ook hul trou.

Liezel van der Westhuizen en haar liefde, Dean Stockenstrom lyk ook of hulle baie ernstig raak en dat dinge dalk vinnig tot die volgende stap gaan beweeg.
Kurt Darren en Bobby van Jaarsveld trou ook altwee oor n week met hul verloofdes.
Angelique Gerber, of te wel Clara van 7de Laan het ook verloof geraak
Lindi Stander het ook verloof geraak aan haar lewensmaat.
Ook musiekbaas Louis van Wyk het n nuwe liefde gevind
Andriette Norman het ook haar nuwe liefde aan die wereld voorgestel
Tanya van Graan het ook n nuwe liefde
Minki van der Westhuizen het ook n nuwe man in haar lewe
Ticky en sy Selma Louise van Boer soek n vrou faam is ook die jaar getroud
Springbok Jean de Villiers het ook getrou
Rina Hugo het ook ouma geword
Schalk Burger se suster, Rene het ook verloof geraak aan Prime Circle se kitaar speler, Marco Gomes
Sean Els het ook n nuwe liefde, die model Carla Halgryn

Die grootste ‘break ups’ van die jaar was Charlize Theron en Stuart.
Karen Zoid is ook geskei die jaar en het drama veroorsaak toe sy met n vriendin begin uitgaan.
Ook Ryk Neetling is weer enkel, en al die meisies se’ WHOOP WHOOP!
Joost en Amore is ook geskei na vele probeerslae om hul huwelik te maak werk.
Elizma Theron en Theuns Jordaan se verhouding het ook ongelukkig nie die jaar gehou nie.
Rolanda Marias (Stefanie van Binnelanders) en haar kerel het na 5 jaar saam opgebreek.
Tot ek het geskei, wonder of ek tel as n celeb break up?

In die musiekwereld was dit n vreemde jaar vir Suid Afrika. In die Engelse mark het die Chaplin tweeling, beter bekend as Locnville naam gemaak. Niemand het verwag dat hulle so groot sou gaan nie maar hulle is beslis n groot naam op die oomblik.

In die Afrikaanse mark was dit beslis meer vreemd. Die “ZEF” beweging het begin. Mense soos Jack Parow en Die Antwoord het naam gemaak. Die beweging was n verrassing vir meeste mense, die groepe is bekend vir hul vuil monde en snaakse klere drag.

Suid Afrika het ook sy eerste internasional fliek bekend gestel. District 9 met die hoofspeler se naam, Wicus van der Merwe, gespeel deur Shartlo Copley was n groot sukses. Die Spud fliek is ook n Suid Afrikaanse film wat groot naam maak.

Op plaaslike vlak het Suid Afrika se filmbedryf ook n goeie jaar beleef. Daar was n hele klomp plaaslike films wat groot gegaan het, soos: Liefling, Jakalsdans, Die storie van Susannah van Biljon, Jakalsdans en Bakgat 2 om n paar te noem. Daar is reeds n hele paar ander flieks ook geskiet of besig om geskiet te word vir 2011

TV nuus was dat Egoli klaar gemaak het, Dit was nogal n teleurstelling vir meeste aangesien dit geeindig het sonder veel van n BANG.

Suid Afrika se S A Celeb Survivor was beslis nog n hoogtepunt op ons kassies vir die jaar. Om n klomp bekendes te sien in n ‘ander’ element was baie ‘vermaaklik”

Bekendes wat babas die jaar gehad het:

Hennie Jakobs, of te wel, Diederick van die Laan het pa geword van n dogtertjie.
Heinz Winkler het ook pa geword van n pragtige seuntjie.
Bertha Le Roux het ook weer ma geword van n dogtertjie
Ivan Botha en Ciske Kruger het ook n dogtertjie ryker geword.
Pieter Koen het ook weer pa geword
Thys die bosveldklong het pa geword ook van n seuntjie
Die sangpaar Cheree en Wynand Strydom word ook binne die volgene maand ouers
Luke Watson het ook pa geword van n dogtertjie
Quinne Brown, of beter bekend as Connie van 7de Laan het ook aangekondig dat sy binne kort ma gaan word.
Zurida en Josh Liebenberg het ook aangekondig hul gaan ouers word
Ook Anrich Herbst of te wel Wimpie van Orkney Snork nie het pa geraak
Paula van die Laan, of te wel Diaan Lawrenson en verloofde Jody Abrahams het ouers geraak van n dogtertjie
Henre Pretorius en sy vrou verwag ook hul 2de kind

Nog n hoogtepunt wast dat Riaan Cruywagen die jaar 35 jaar in die bedryf gevier het. En hy lyk nog presies dieselfde. SCARY…

Bekendes wat die jaar oorlede is:

Die bekende skrywer SJA de Villiers
Bettie Cilliers Barnard, bekende kunstenaar en ma van Jana Cilliers
Fiona Coyle het ook onder verdagte omstandighede gesterf by haar huis
Die skrywer Lannice Snyman is oorlede aan kanker
Lolly Jackson is vermoor
Die geliefde aktrise Miems de Bruin is oorlede aan maagkanker

Daar is nog vele meer en ek glo die jaar gaan net so bedrywig wees! As daar is wat jul by die lys wil sit, wees welkom!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.