Die jaar lyk of dit n vreeslike vrugbare jare is in die vermaaklikheids bedryf en die jaar is maar nog n fulletjie. Nie net het Bobby van Jaarsveld aangekondig dat hy en Annatjie ouers word nie, maar sy mede Liefling aktrise – Linka Berning is glo ook swanger. So ook Jakkie Louw se verloofde. Lyk my Liefling was een baie vrugbare fliek! Dankie tog dat al die baba nuus die “Ons Lieflinge” storie bietjie laat rus het die week. Ons kan ook net soveel hoor hoe die twee mekaar afbreek en inklim.
Nog n kunstenaar wat aangekondig het hy raak pa is, Kings of Leon se Matthew Followill. Baie geluk aan almal.
Neels van Jaarsveld het in intersante stukkie nuus oor my lessenaar laat kom vanoggend. Die man het glo by n wynplaas gasheer gespeel. Maar van die gaste het hom later gesig onder toe in die wynland gesien le. Volgense Neels wou hy glo net die wingerd ondersoek. Op sy maag???! Met Eish ja, met Eish…
Wat sal n rubriek van my wees sonder Steve? Of moet ek eerder se’ wat sal ons land wees sonder Steve wat ten minste een keer n week op iemand se tone trap of iemand kwaad maak. Die keer is hy op Johrne se jas. Johrne het glo gevra wat Steve presies vir Afrikaans sprekendes beteken en dit het nou in n bek geveg ontaard, wat gelei het tot Steve se uitvaar op hom in sy nuutste Blog. As Steve n sanger per maand kies om n geveg mee te he sal dit nogal intersante leesstof maak. So ek wag met opgehoude asem vir die volgende een. Bono – Check. Johrne – Check…..
Manie Jackson was n week of so gelede in n motorongeluk. Snaaks dat dit nie groter nuus gemaak het nie, maar hy is gelukkig nie regtig beseer nie. Hy was oppad van n vertoning af toe hy in n stilstaande trok vas gery het. Sy kop het die windskerm getref maar gelukkig is hy nie te ernstig beseer nie, net n opgeswelde kakebeen.
Nog slegte nuus is dat Emo Adams aangeraai is om dit dadelik stadiger te vat anders gaan hy nie meer vir veel langer kan sing nie. Dit lyk of dit uitbranding is so Emo gaan moet stadiger voor dinge uit hand uit raak. Hy het glo permanent n seer keel, slapelose nagte en krampe in sy bene…
Bietjie beter nuus is dat Jay se solo loopbaan beslis op dreef is. Sy solo album het reeds platinum status bereik. Baie geluk Jay!
Ook geluk aan Melanie Louw wat getrou het die afgelope maand. Sy het met haar jare lange meisie getrou op n strand naby Sedgefield in die Suid-Wes Kaap. Nog liedes nuus is dat Arno Jordaan ook nou amptelik verloof is. Hy het om die ja woord gevra in Dubai nogal met behulp van n dolfyn! Mooi so Arno!!!
Lyk my die liefdesmaand het oorgegly na Maart!
Tot volgende week, hou julle ogies oop vir nuus van die bekendes en mail my by fairytrixi@yahoo.com met enige nuus.